From Wikipedia, the free encyclopedia
Fonteinriet[1] (Elegia capensis (Burm.f.) Schelpe) is 'n restio wat voorkom in die Wes-Kaap en die suidweste van die Oos-Kaap. Op die SANBI-rooilys is die spesie, wat endemies aan Suid-Afrika is, as veilig (LC) gelys.[2]
Fonteinriet | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | Monocots |
(geen rang): | Commelinids |
Orde: | Poales |
Familie: | |
Genus: | Elegia |
Spesie: | Elegia capensis (Burm.f.) Schelpe |
Sinonieme | |
|
Dit is 'n plant wat 3 m hoog kan word en 'n bietjie na bamboes lyk. Maar dit lyk ook soos 'n reusagtige perdestert, omdat elke knoop sommige naaldagtige sytakkies het. Daarom is dit oorspronklik as 'n Equisetum-spesie beskryf.[3]
Die plant kom veral in bergfynbos voor tot op 'n hoogte van 1600 m. Die manlike en die vroulike bloeisels is pluime wat 35 cm lank kan word. Die plant vorm wortelstokke wat sydelingse verspreiding kan veroorsaak. Na veldbrande sal die plant opnuut vanuit sy wortelstok opgroei.[3]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.