Fonteinedal
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Fonteinedal is 'n ontspanningsoord in die suide van Pretoria wat deur President Paul Kruger as 'n natuurreservaat geproklameer is op 1 Februarie 1895 - dit is die oudste natuurreservaat op die Afrika-kontinent.[1]
Die Apiesrivier vloei deur die oord, en daar is twee natuurlike waterbronne in die gebied. Die oord beskik oor verskeie ontspanningsgeriewe, soos 'n karavaanpark, swembad, lapas, speelpark en braaigeriewe.
Die geskiedkundige ruïnes van Lucas Cornelius Bronkhorst (1795-1875) se huis is op die oord geleë. Die Bronkhorst-familie was deel van Hendrik Potgieter se trekgeselskap gedurende die Groot Trek, en was die eerste eienaars van die plase in die distrik waar Pretoria later gestig is.[2]