'n vertakking van taalkunde wat die studie van die klanke van menslike spraak behels From Wikipedia, the free encyclopedia
Fonetiek (uitgespreek [fo:'nɘtɪk], van die Grieks: φωνή, phōnē, 'klank, stem') is 'n vertakking van taalkunde wat die studie van die klanke van menslike spraak behels, of — in die geval van gebaretaal — die ekwivalente aspekte van handseine.[1] Dit is gemoeid met die fisiese aspekte van spraakklanke of tekens (fone): hulle fisiologiese produksie, akoestiese eienskappe, gehoorpersepsie en neurofisiologiese stand. Fonologie, aan die ander kant, is gemoeid met die abstrakte grammatiese karakterisering van sisteme van klanke en handseine.
Die vakgebied van fonetiek is 'n veelvlakkige vertakking van taalkunde wat fokus op spraak. In die geval van mondelinge tale is daar drie basiese studiegebiede:
Die vakgebiede is onderling verbind deur die gemeenskaplike meganisme van klank, soos 'n golflengte toonhoogte, amplitude en harmoniek.
Fonetiek is reeds al so vroeg as 500 v.C. bestudeer op die Indiese subkontinent, met Pāṇini se rekenskap van die posisie en manier van artikulasie van konsonante in sy 5de-eeuse v.C. verhandeling in Sanskrit. Die vernaamste Indiese alfabette sorteer hulle konsonante volgens Pāṇini se klassifikasie. Die Antieke Grieke word geloof as die eerstes om 'n skryfstelsel te baseer op 'n fonetiese alfabet.
Moderne fonetiek het ontstaan met pogings — soos die van Joshua Steele (in Prosodia Rationalis, 1779) en Alexander Melville Bell (in Visible Speech, 1867) — om sisteme van presiese notasie vir spraakklanke tot stand te bring.[2][3]
Die Internasionale Fonetiese Alfabet (IFA) word as die basis gebruik vir die fonetiese transkripsie van spraak. Dit is gebaseer op die Latynse alfabet en is saamgestel om meeste spraak-kenmerke te transkribeer, soos vokale, konsonante en suprasegmentele kenmerke. Elke gedokumenteerde foneem beskikbaar binne die wêreld se bekende tale het sy eie ooreenkomstige simbool.
Fonologie is gemoeid met sisteme van foneme, abstrakte kognitiewe eenhede van spraakklanke of gebare wat onderskei tussen 'n taal se woorde. Fonetiek weer is gemoeid met die produksie, oordrag en persepsie van die fisiese verskynsel wat afgesonder word in die verstand om hierdie spraakklanke en gebare saam te stel.
Deur 'n Edison-fonograaf te gebruik, kon Ludimar Hermann die spektrale eienskappe ondersoek van vokale en konsonante. Dit was in hierdie werke wat die term formant die eerste keer voorgestel is. Hermann het ook vokaalopnames teen verskillende snelhede teruggespeel op die Edison-fonograaf om Willis en Wheatstone se teorieë oor vokaalproduksie te toets.
In kontras met fonetiek, is fonologie die studie van hoe klanke en gebare patrone navolg in en tussen tale, en diesulkes in verhouding bring met ander aspekte van taal. Fonetiek handel met die partikulêre en akoestiese eienskappe van spraakklanke, hoe dit geproduseer word en hoe dit waargeneem word. As deel van hierdie ondersoek kan fonetici hulself bemoei met die fisiese eienskappe van betekenisvolle klankkontraste of die sosiale betekenisse geenkodeer in die spraaksein (sosio-fonetiek) (bv. geslag, seksualiteit, etnisiteit ens). 'n Substansiële gedeelte van navorsing in fonetiek is egter nie gemoeid met die betekenisvolle elemente in die spraaksein nie.
Hoewel daar wyd ooreengekom word dat fonologie se basis in fonetiek lê, is fonologie 'n aparte vertakking van taalkunde, gemoeid met klanke en gebare as abstrakte eenhede (bv. afsonderlike kenmerke, foneme, mora, lettergrepe ens) en hulle gekondisioneerde variasie (via, bv. allofoniese reëls, beperkings of afleidingsreëls).[4] Fonologie kan met fonetiek in verband gebring word via die stel afsonderlike kenmerke wat die abstrakte voorstellings van spraakeenhede indeel in geartikuleerde gebare, akoestiese seine en/of waarneembare voorstellings.[5][6][7]
Fonetiek as 'n navorsingsdissipline het drie hoofvertakkings:
Fonetiese transkripsie is 'n stelsel vir die transkribering van klanke wat in 'n taal voorkom, hetsy gesproke of met handgebare. Die mees gebruikte stelsel van fonetiese transkripsie, die Internasionale Fonetiese Alfabet (IFA), verskaf 'n gestandaardiseerde stel simbole vir orale fone.[8][9] Die gestandaardiseerde aard van die IFA bemagtig sy gebruikers om akkuraat en konsekwent die fone van verskillende tale, dialekte en idiolekte te transkribeer.[8][10][11] Die IFA is 'n handige gereedskapstuk nie net vir die studie van fonetiek nie maar ook vir taalonderrig, professionele toneelspel en spraakpatologie.[10]
Toepassing van fonetiek sluit in: