Foibe (maan)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Foibe (Engels: Phoebe) is Saturnus se onreëlmatige maan met die grootste massa. Dit het 'n deursnee van 213 km en is op 18 Maart 1899 deur William Henry Pickering ontdek[5] op foto's wat van 16 Augustus 1898 af by die Boyden-sterrewag in Peru geneem is. 'n Onreëlmatige maan is een wat in die teenoorgestelde rigting wentel as waarin die planeet draai.
Cassini se foto van Foibe. | |
Wentelbaaneienskappe | |
---|---|
Halwe lengteas | 12 960 000 km |
Wentelperiode | 550,564636 d |
Baanhelling | 173,04° (tot die sonnebaan) 151,78° (tot Saturnus se ewenaar) |
Satelliet van | Saturnus |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | (218,8±2,8) × (217,0±1,2) × (203,6±0,6) km[1] |
Gem. radius | 106,5±0,7 km[1][2] |
Massa | 8,3123±0,0162×1018 kg[2] |
Gem. digtheid | 1,6428±0,0326 g/cm3[2] |
Oppervlak- aantrekkingskrag | 0,038-0,050 m/s2[1] |
Ontsnapping- snelheid | ≈ 0,1 km/s |
Sideriese rotasieperiode | 9,2735 h (9 h 16 min 25 s ± 3 s)[3] |
Ashelling | 152,14° (tot sy wentelbaan)[4] |
Temperatuur | ≈ 73(?) K |
Foibe was die eerste satelliet wat fotografies ontdek is. Dit was die eerste teiken wat teengekom is met die aankoms van die Cassini-ruimtetuig in die Saturnus-stelsel in 2004 en is dus besonder goed bestudeer vir 'n onreëlmatige maan van sy grootte. Cassini se vlugbaan na Saturnus en tyd van aankoms is spesifiek gekies om dié verbyvlug moontlik te maak.[6] Ná die verbyvlug en begin van sy wentelbaan om Saturnus het Cassini nie veel verder gegaan as Iapetus se wentelbaan nie.
Foibe is rofweg sferies en het planetêre differensiasie. Vroeg in sy geskiedenis was dit rond en warm, maar dit is deur botsings uit sy ronde vorm gestamp. Dit is vermoedelik 'n sentour wat in die Kuipergordel ontstaan het en deur Saturnus aangetrek is.[7] Foibe is die tweede grootste retrograde maan in die Sonnestelsel, naas Triton.[8]