Florisbad is 'n wêreldbekende argeologiese perseel in die Vrystaat, Suid-Afrika en was oorspronklik deur die plaaseienaar, Floris Venter, as 'n gesondheidsoord ontwikkel. Die oord is net suid van Soutpan en is om 'n warm mineraalfontein geleë. Reeds in die dae van die Voortrekkers het mense hierheen gereis om in die modder te kan lê.

In 1910 het 'n nuwe fontein onverwags begin borrel en groot hoeveelhede fossiel oorblyfsels van uitgestorwe diere uitgeblaas. Eers in 1930 het professor TF Dreyer van die Grey Universiteitskollege met uitgrawings hier begin. Hy het gou 'n fossielskedel bekend as die Florisbadman gevind. Die skedel was sowat 40 000 jaar oud. In 1952 is meer as 3 000 dierefossiele en 1 000 klipwerktuie op die perseel gevind.

Sien ook

Bronne

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.