![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/75/Ewan_McGregor_Cannes_2012.jpg/640px-Ewan_McGregor_Cannes_2012.jpg&w=640&q=50)
Filmografie van Ewan McGregor
From Wikipedia, the free encyclopedia
Ewan McGregor het sy debuut as akteur in 1993 in die Britse televisiereeks Lipstick on Your Collar gemaak. Hy volg hierdie rol op met verskynings in Bill Forsyth se Being Human uit 1994 en Danny Boyle se riller Shallow Grave. Twee jaar later speel hy die heroïenverslaafde Mark Renton in Danny Boyle se Trainspotting, wat aan hom internasionale erkenning verleen. Hy volg hierdie rol op in die film T2 Trainspotting uit 2017.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/75/Ewan_McGregor_Cannes_2012.jpg/320px-Ewan_McGregor_Cannes_2012.jpg)
In 1999 speel hy die Jedi Obi-Wan Kenobi in die eerste rolprent van die Star Wars prequel trilogy, Star Wars: Episode I– The Phantom Menace; die karakter is oorspronklik gespeel deur Alec Guinness in die eerste Star Wars trilogie. Hy speel weer die rol in die opvolgfilms, Star Wars: Episode II– Attack of the Clones (2002), en Star Wars: Episode III– Revenge of the Sith (2005). In die 2015 rolprent Star Wars: The Force Awakens en die 2019 rolprent Star Wars: The Rise of Skywalker, neem McGregor weer die rol op van Obi-Wan in stemverskynings. In 2019 is dit aangekondig dat hy weer sy rol sal opneem in 'n eksklusiewe Disney+ reeks wat rondom die karakter sentreer.[1] Sy oom, Denis Lawson, het die rol gespeel van Wedge Antilles in die oorspronklike trilogie. Vir sy rol as Christian in die 2001 musikale romantiese dramafilm Moulin Rouge! ontvang hy sy eerste benoeming vir 'n Golden Globe vir Beste Akteur. Elf jaar later word hy benoem vir sy rol in Salmon Fishing in the Yemen (2012) in dieselfde kategorie.
In 2010 wen McGregor se akteurspel in Roman Polanski se sielkundige riller The Ghost Writer die Europese Film-toekenning vir Beste Akteur. In 2016 maak McGregor sy buiging as regisseur in die rolprent American Pastoral.