From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Ficksburgtornado het op 2 Oktober 2011 voorgekom in die westelike dele van die informele nedersetting, Meqheleng, by Ficksburg. Die storm het omstreeks 14:00 losgebars.
In hierdie ramp het 'n negejarige seun, Jama Mokhekhe, weens trauma aan die ingewande en veelvoudige wonde veroorsaak deur vlieënde brokstukke omgekom,[1] terwyl tientalle beseer (waarvan 2 ernstig) en honderde dakloos gelaat is. Een-honderd-twee-en-twintig HOP-huise is vernietig.[2] Die ambulansdiens het 42 beseerdes na die Phutuloha-hospitaal vervoer en vir snyplekke, kneuswonde en bloeding behandel.
Daar heers verskille of hierdie tornado as 'n fratsverskynsel geïdentifiseer moet word of nie. Hoewel tornado's in Suid-Afrika wel in die lente en somer voorkom, vind dit eintlik eers werklik vanaf November plaas.[3][4]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.