From Wikipedia, the free encyclopedia
Ferenc Szálasi (Hongaarse fonetiese uitspraak:ˈfɛrɛnt͡s ˈsaːlɒʃi; 6 Januarie 1897–12 Maart 1946) was 'n Hongaarse militêre offisier, politikus en leier van die Pylkruisparty. Hy was aan bewind van Hongarye tydens die Duitse besetting daarvan gedurende die Tweede Wêreldoorlog.
Ferenc Szálasi | |
Szálasi in 1944 | |
Leier van Hongarye (Staatshoof van Hongarye) | |
Ampstermyn 16 Oktober 1944 – 28 Maart 1945 | |
Monarg | Vakant |
---|---|
Eerste minister | Hyself |
Voorafgegaan deur | Miklós Horthy as Regent van Hongarye |
Opgevolg deur | Nasionale Raad |
Eerste minister van die Koninkryk van Hongarye (de facto) | |
Ampstermyn 16 Oktober 1944 – 28 Maart 1945 | |
Leier | Hyself |
Monarg | Vakant |
Voorafgegaan deur | Géza Lakatos |
Opgevolg deur | Béla Miklós (In opposisie, daarna amptelik) |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 6 Januarie 1897 |
Sterf | 12 Maart 1946 (op 49) Boedapest, Tweede Hongaarse Republiek |
Politieke party | Pylkruis Party |
Lojaliteit | Oostenryk-Hongarye (1915–1918) Koninkryk van Hongarye (1920–46) Koninkryk van Hongarye (1920–1935) |
Diens/Tak | Vloot van Oostenryk-Hongarye, Leër van Oostenryk-Hongarye, Leër van Oostenryk Hongarye (1920–46) |
Rang | Majoor |
Szálasi het tydens die Eerste Wêreldoorlog met onderskeiding gedien as offisier in die Leër van Oostenryk-Hongarye. In 1925 het hy 'n stafoffisier geword van die herstelde Koninkryk van Hongarye (1920–1946) onder die Regent Miklós Horthy. Hy het aanvanklik nie in politiek belanggestel nie, maar in die vroeë 1930's ultranasionalisme omarm. In 1937 het hy die Hongaarse Nasionaal-Sosialistiese Party gestig, nadat hy uit die weermag getree het en homself begin toespits het op politiek. Hy is in 1938 tronk toe gestuur weens sy volgelinge se radikalisme. Terwyl hy in die tronk was, is hy uitgeroep as die leier van die Nasionaal-Sosialistiese Pylkruisparty, wat spoedig een van die magtigste politiese bewegings in Hongarye geword het. Amnestie is in 1940 aan Szálasi toegestaan, maar hy moes sy party ondergronds bestuur nadat die Regent, Horthy, dit na die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog verban het.
Na die Duitse besetting van Hongarye in Maart 1944 en Horthy se afsetting, het Szálasi die Eerste minister en staatshoof van Hongarye geword. Sy pro-Duitse vasalstaat, bekend as die Regering van Nasionale Eenheid, is gedomineer deur lede van die Pylkruisparty. Die regering het krygswet afgekondig en begin met die uitmoor van Jode, wat tydelik stopgesit is deur Horthy. [1]
Szálasi was vir slegs 163 dae aan bewind. Met die opmars van Sowjet- en Roemeense magte, het Szálasi en sy kabinet uit die land gevlug, kort voor die Beleg van Boedapest. Szálasi is in Mei 1945 in Oostenryk deur Amerikaanse troepe gevange geneem en teruggebring na Hongarye om verhoor te word. Die regering van nasionale eenheid, wat na München verskuif is, is die volgende dag ontbind. Die Volkstribunaal in Boedapest het Szálasi aan hoogverraad skuldig bevind en hom ter dood veroordeel. Hy is op 12 Maart 1946 tereggestel.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.