![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/69/Defense.gov_News_Photo_981013-D-2987S-196_%2528cropped%2529.jpg/640px-Defense.gov_News_Photo_981013-D-2987S-196_%2528cropped%2529.jpg&w=640&q=50)
Fahd van Saoedi-Arabië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Fahd bin Abdoel Aziz al-Saoed (Arabies: فهد بن عبد العزيز آل سعود, Fahd ibn ‘Abd al-‘Azīz Āl Sa‘ūd; 1921[1][2] - 1 Augustus 2005) was van 1982 tot 2005 koning van Saoedi-Arabië. Hy was een van die 45 seuns van die land se stigter, Ibn Saoed, en die vierde van die ses seuns wat hom opgevolg het.
![]() | |
Heerskappy | 13 Junie 1982 – 1 Augustus 2005 |
Kroning | 13 Junie 1982 |
Voorganger | Khalid |
Opvolger | Abdoellah |
Koningin | Verskeie |
Kinders | Verskeie |
Vorstehuis | Huis van Saoed |
Vader | Abdoel Aziz al-Saoed |
Moeder | Hassa bint Ahmed al-Soedairi |
Gebore | 1921 Riaad |
Gesterf | 1 Augustus 2005 (op 84) Riaad |
Begrawe | Riaad |
Fahd is in 1975 as kroonprins aangewys toe sy halfbroer Khalid ’n ander halfbroer, Faisal, opvolg nadat laasgenoemde in ’n sluipmoordaanval dood is. Fahd is as die de facto-premier beskou tydens Khalid se bewind, deels vanweë Khalid se swak gesondheid. Fahd het die troon bestyg nadat Khalid op 13 Junie 1982 oorlede is.
Fahd kry die eer dat hy die Basiese Reg van Saoedi-Arabië ingestel het. Hy het in 1995 ’n verlammende beroerte gehad, waarna hy nie sy amptelike pligte ten volle kon uitvoer nie. Sy halfbroer, Abdoellah, die land se kroonprins, het as de facto-regent gedien en Fahd ná sy dood in Augustus 2005 opgevolg.