moord op 'n prominente persoon, dikwels 'n politieke leier of heerser From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Sluipmoord is 'n moord wat in die geheim op 'n verraderlike wyse beplan en uitgevoer word. Sluipmoorde word vir verskeie redes uitgevoer, onder andere vir politieke, ideologiese of finansiële gewin. Feitelik enige wapen of toerusting kan daarvoor gebruik word, onder andere 'n mes, bom of geweer. Baie sluipmoorde word deur skerpskutters oor 'n afstand gepleeg.
'n Sluipmoordenaar is 'n persoon wat poog of slaag daarin om 'n lewe of lewens te neem sonder om waargeneem te word voordat dit te laat is. Die sluipmoordenaar hoef nie te ontsnap na die moord of poging daarvan om as 'n sluipmoordenaar bestempel te word nie. Hy hoef ook nie te oorleef nie.
Die straf vir 'n sluipmoordenaar is meestal lewenslange gevangenisstraf. In lande waar die doodstraf steeds gebruiklik is, kan die sluipmoordenaar tereggestel word.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.