FUDforum
From Wikipedia, the free encyclopedia
FUDforum is 'n oopbron-gebaseerde webforum wat in PHP geskryf is. Die naam "FUDforum" is 'n afkorting vir "Fast Uncompromising Discussion forum".[1] Die sagteware word onder die GNU GPL lisensie versprei.
Kitsfeite Ontwikkelaar, Bedryfstelsel ...
FUDforum | |
Ontwikkelaar | Advanced Internet Designs Inc. |
---|---|
Bedryfstelsel | Windows, UNIX, Linux |
Kategorie | Webforum |
Lisensie | GNU GPL |
Webblad | FUDforum |
Sluit
FUDforum loop op 'n aantal bedryfstelsels wat die PHP-programmeertaal ondersteun, insluitend Unix, Linux en Windows. As databasis word IBM DB2, MS-SQL, MySQL, Firebird, Oracle, PostgreSQL of SQLite gebruik om die forum se data te stoor. Die koppelvlak is gebaseer op HTML5 met CSS, jQuery en AJAX om 'n meer buigsame koppelvlak te bewerkstellig.[2]
Die sagteware is na verskeie tale vertaal. 'n Volledige Afrikaanse vertaling is beskikbaar en is by die basispakket ingesluit.