![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/44/Evita_color.jpg/640px-Evita_color.jpg&w=640&q=50)
Eva Perón
From Wikipedia, the free encyclopedia
Eva Maria Duarte de Perón (Los Toldos, 7 Mei 1919 - Buenos Aires, 26 Julie 1952) was die tweede eggenoot van die Argentynse president Juan Perón (1895-1974). Sy was gevolglik van 1946 tot haar dood in 1952 die eerste dame van Argentinië. Alhoewel sy nie tot enige politieke posisie verkies is nie, het sy 'n groot invloed op regeringsbeleid gehad. Sy het talle bewonderaars onder armes en die werkersklas gehad, wat belangrik vir haar man se magsposisie was. Kort voor haar dood het die kongres haar as die Geestelike Leier van die Nasie aangewys. Sy word liefkosend Evita genoem (die Spaanse verkleiningsvorm, soortgelyk aan die Afrikaanse Evatjie). Die tipiese beeld van haar tydens toesprake was met die hare in 'n bolla en die gebalde vuis voor 'n mikrofoon.
Eva Perón | |
![]() Eva Perón in 1947 | |
Presidentsvrou van Argentinië | |
Ampstermyn 4 Junie 1946 – 26 Julie 1952 | |
President | Juan Perón |
---|---|
Voorafgegaan deur | Conrada Victoria Torni de Farrell |
Opgevolg deur | Mercedes Villada Achával de Lonardi |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 7 Mei 1919 Los Toldos |
Sterf | 26 Julie 1952 (op 33) Buenos Aires |
Eggenoot/-note | Juan Perón (1895-1974) |
Religie | Rooms Katoliek |
Handtekening | ![]() |