![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7d/Eukaryota_diversity_2.jpg/640px-Eukaryota_diversity_2.jpg&w=640&q=50)
Eukarioot
taksonomiese groep waarvan die lede 'n selkern het wat binne 'n kernomhulsel ingesluit is / From Wikipedia, the free encyclopedia
Eukariote is lede van die domein Eukaryota: organismes wat organelle binne-in hul selle bevat, soos die selkern, golgi-apparaat, mitochondrium en in plante, chloroplaste. Die domein bevat alle plante, diere, alge, swamme en protiste.
Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Supergroepe en koninkryke ...
Eukarioot | |
---|---|
![]() | |
Eukariote en voorbeelde van hul diversiteit – kloksgewys van bo links: Rooi messelby, porcinisampioen, sjimpansee, Isotricha intestinalis, Ranunculus asiaticus, en Volvox carteri | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota (Chatton, 1925) Whittaker & Margulis, 1978 |
Supergroepe[1] en koninkryke | |
Eukariotiese organismes wat nie onder die koninkryke Plantae, Animalia of Fungi geklassifiseer kan word nie, word soms in die koninkryk Protista gegroepeer. | |
Sluit
In taksonomie word eukariote beskou as een van die drie biologiese domeine waarin lewe verdeel kan word. Die ander twee domeine, Archaea en Bacteria, word saam "prokariote" genoem.