![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/f/f5/Addis_abeba%252C_chiesa_della_trinit%25C3%25A0%252C_esterno_02.jpg/640px-Addis_abeba%252C_chiesa_della_trinit%25C3%25A0%252C_esterno_02.jpg&w=640&q=50)
Ethiopies-Ortodokse Tewahedo-kerk
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Ethiopies-Ortodokse Tewahedo-kerk (Amharies: የኢትዮጵያ ኦርቶዶክስ ተዋሕዶ ቤተ ክርስቲያን,[5] Yäityop'ya ortodoks täwahedo bétäkrestyan) is die grootste van die oostelike tak van die Oriëntaal-Ortodokse Christelike kerke. Dit is een van die min voorkoloniale kerke in Afrika suid van die Sahara;[6] dit dateer van die 4de eeu en het tans ’n lidmaatskap van sowat 36 miljoen,[1][2] van wie die meeste in Ethiopië woon.[7] Dit is ’n stigterslid van die Wêreldraad van Kerke.[8]
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/5e/Bet_Giyorgis_church_Lalibela_01.jpg/640px-Bet_Giyorgis_church_Lalibela_01.jpg)
Ethiopies-Ortodokse Tewahedo-kerk የኢትዮጵያ ኦርቶዶክስ ተዋሕዶ ቤተ ክርስቲያን | ||
![]() | ||
Die Katedraal van die Heilige Drie-eenheid in Addis Abeba, die setel van die Ethiopies-Ortodokse Tewahedo-kerk. | ||
Stigtingsjaar | 4de eeu Koninkryk Aksum | |
Stigter | Sint Frumentius, volgens Ethiopies-Ortodokse tradisie | |
Kerkleiding | ||
Hoof | Mathias Merkorios | |
Setel | Addis Abeba | |
Besonderhede | ||
Liturgie | Alexandryns | |
Liturgiese taal | Tigrinya, Amharies, Ge'ez, Oromo | |
Gelowiges | 36 miljoen[1][2][3][4] | |
Webtuiste | ||
ZEOrthodox.org |
Die kerk is in gemeenskap met die Eritrees-Ortodokse Tewahedo-kerk, die Kopties-Ortodokse Kerk van Alexandrië, die Malankara-Ortodokse Siriese Kerk, die Armeens-Apostoliese Kerk en die Siries-Ortodokse Kerk.
Die kerk het in 1959 outokefaal geword.
Die Ethiopies-Ortodokse Tewahedo-kerk was van die eerste helfte van die 4de eeu administratief deel van die Kopties-Ortodokse Kerk van Alexandrië tot in 1959, toe dit outokefaal geword het, met sy eie patriarg.[9] Dit is een van die oudste Christelike kerke, en Ethiopië is slegs die tweede land (naas Armenië) wat die Christelike geloof as staatsgodsdiens gekies het (in 333 n.C.).
Tewahedo (Ge'ez: ተዋሕዶ) is ’n Ge'ez-woord wat "as een verenig" beteken. Die woord verwys na die Oriëntaal-Ortodokse geloof in miafisitisme, dus "een perfekte, verenigde natuur van Christus" in teenstelling met die geloof in "twee nature van Christus" van die Rooms-Katolieke Kerk, Oosters-Ortodokse Kerk en protestantse kerke.
Dié kerk en die ander Oriëntaal-Ortodokse kerke het juis ná die Konsilie van Chalcedon in 451, waarop besluit is dat Christus twee nature het, afgestig van die destydse Katolieke Kerk van die Romeinse Ryk.[10]