From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Eta Aquarides is ’n meteoorreën wat met Halley se Komeet verbind word. Dit is elke jaar van omstreeks 21 April tot 20 Mei te sien, met sy hoogtepunt op 6 Mei. Anders as die meeste ander jaarlikse reëns is daar nie ’n skerp toename nie, maar eerder ’n redelike tempo wat oor ’n week strek, rondom sy hoogtepunt.[2] Die meteoroïdes wat verantwoordelik is vir die Eta Aquarides het honderde jare gelede van Halley se Komeet afgeskei. Die komeet se huidige wentelbaan is te ver van die Aarde af om ’n bron van meteore te wees.[2]
Eta Aquarides | ||
Ontdekking | 1870[1] | |
Moederliggaam | Halley se Komeet[1] | |
Uitstralingspunt | ||
Sterrebeeld | Waterdraer | |
Regte klimming | 22h 20m | |
Deklinasie | -01° | |
Eienskappe | ||
Voorkoms | 21 April – 20 Mei | |
Hoogtepunt | 6 Mei | |
Spoed | 66 km/s | |
Sterre per uur | Maksimum 30[1] |
In die Suidelike Halfrond is die Eta Aquarides waarskynlik die beste sterrereën.[3] In die Noordelike Halfrond is dit nie so skouspelagtig soos die Leonides nie.
Die reën kry sy naam van die sterrebeeld Waterdraer (Aquarius) omdat sy oënskynlike uitstralingspunt naby een van die sterrebeeld se helderste sterre, Eta Aquarii, is. Die hoogtepunt is sowat een meteoor per minuut, maar in die noorde is dit heelwat minder weens die lae ligging van die uitstralingspunt.
Die beste tyd om dit te sien is, nes by ander reëns, in die vroeë oggendure. Die beste plek is suid van die ewenaar, tot by 30 grade suid.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.