Epilepsie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Epilepsie, of vallende siekte, is 'n chroniese toestand van die brein. Dit word gekenmerk deur aanvalle wat skynbaar geen voor die hand liggende oorsaak het nie.[6][7] Vir buitestaanders lyk hierdie aanvalle soos episodes van onbeheerde stuiptrekkings, hewige rukkings en bewusteloosheid.[8] Hierdie episodes kan van korte duur en moeilik wees om op te spoor (epilepsie minora of petite mal). Dit kan ook langer duur en ernstiger wees (epilepsie majora of grand mal).
Kitsfeite Spesialiteit, Simptome ...
Epilepsie | |
---|---|
3 Hz-golwe op 'n elektro-enkefalogram. | |
Spesialiteit | Neurologie |
Simptome | Tydperke van kwaai skuddings[1] |
Tydsduur | Lang termyn[1] |
Oorsake | Onbekend, beroerte, breinskade, -gewas of -infeksie, geboortedefekte[1] |
Diagnostiese metode | Elektro-enkefalogram, uitskakeling van ander oorsake[2] |
Behandeling | Medikasie, chirurgie, neurostimulasie, dieetveranderings[3][4] |
Prognose | Beheerbaar in 69%[5] |
Frekwensie | 39 miljoen / 0,5% (2015) |
Sterftes | 125 000 (2015) |
Mediese waarskuwing |
Sluit