From Wikipedia, the free encyclopedia
Ensi (wigskrif: 𒑐𒋼𒋛, pa.te.si; Sumeries: ensik, "meester van die ploegland"; Akkadies: iššakkum)[1][2] was die Sumeriese titel van ’n heerser of prins van ’n stadstaat. Dit kon oorspronklik op ’n onafhanklike heerser gedui het, maar in latere tydperke was ’n ensi ondergeskik aan ’n lugal.
Vir die Vroegdinastiese Tydperk van Mesopotamië (omstreeks 2800-2350 v.C.) is die onderskeid tussen ’n ensi en lugal nie duidelik nie. Ensi kon aanvanklik ’n heerser van Lagasj en Umma beteken het.[3] Die ensi is beskou as ’n verteenwoordiger van die stadstaat se beskermingsgod.[4] In latere tydperke was hy ondergeskik aan ’n lugal.
Gedurende die Derde Dinastie van Ur (omstreeks 2100-2000 v.C.) het die titel verwys na die provinsiale goewerneurs van die koninkryk. Hulle het groot mag gehad, maar is deur die lugal van Ur aangestel, gekontroleer en afgedank. Die posisie kon geërf word, maar die aanstelling moes deur die lugal bekragtig word.[5]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.