![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/2d/Lightning.inflight.arp.750pix.jpg/640px-Lightning.inflight.arp.750pix.jpg&w=640&q=50)
English Electric Lightning
'n supersoniese vegvliegtuig (onderskepper) uit die Koue Oorlog-era. / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die English Electric Lightning is 'n supersoniese vegvliegtuig (onderskepper) uit die Koue Oorlog-era. Dit is ontwerp, ontwikkel en vervaardig deur English Electric, wat later geabsorbeer is deur die nuutgestigte British Aircraft Corporation. Dit is daarna bemark as die BAC Lightning. Die Lightning was die enigste volledig-Britse Mach 2 vegvliegtuig. Die Lightning is gebruik deur die Britse Lugmag (Royal Air Force) en die Koninklike Saoedi Lugmag (RSAF). Alhoewel dit die RAF se primêre onderskepper was vir meer as twee dekades, was dit nooit nodig om 'n ander vliegtuig aan te val nie.
Lightning | |
---|---|
Tipe | Onderskepper |
Vervaardiger | English Electric, later ook British Aircraft Corporation |
Nooiensvlug | 4 Augustus 1954 (P.1A) 4 April 1957[1] |
Vrygestel | Desember 1959 |
Onttrek | 1988 (RAF) |
Status | uit diens gestel |
Hoofgebruikers | Britse Koninklike Lugmag Koeweitse Lugmag Koninklike Saoedi Lugmag |
Aantal gebou | 337 (insl. prototipes)[1] |
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/67/English_Electric_Lightning_T.5_XS417_%2814603900431%29.jpg/640px-English_Electric_Lightning_T.5_XS417_%2814603900431%29.jpg)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/75/Electric_Lighting_%26_Jaguar_%28Cape_Town%2C_South_Africa%2C_2002%29.jpg/640px-Electric_Lighting_%26_Jaguar_%28Cape_Town%2C_South_Africa%2C_2002%29.jpg)
Die Lightning word aangedryf deur twee Rolls-Royce Avon turbostralerenjins in 'n unieke steiergestapelde installasie in die romp. Dit is ontwikkel om toenemend-kragtiger bomwerpers (Toepolef Tu-16, Toepolef Tu-22, Toepolef Tu-95) te onderskep, en spog dus met 'n uitsonderlike klimkoers, diensplafon en spoed; vlieëniers het 'n vlug hiermee beskryf as "om opgesaal te wees aan 'n vuurpyl". Hierdie prestasie het die Lightning ongelukkig 'n "brandstof-kritiese" vliegtuig gemaak, wat beteken dat sy missies tot 'n groot mate bepaal word deur sy beperkte reikafstand. Latere ontwikkelings bied 'n groter togafstand en spoed saam met lugverkenning- en grondaanvalsvermoë.