Elektromiografie is 'n ondersoektegniek wat die elektriese aktiwiteit van spiere meet. Dit word algemeen in die geneeskunde en vir sportwetenskap aangewend. Die spier se elektriese aktiwiteit word op 'n rekenaar of papier geregistreer, en word soms ook hoorbaar aangedui. So 'n grafiek heet 'n elektromiogram of EMG. Die instrument wat hiervoor gebruik word staan as 'n elektromiograaf bekend.

Kitsfeite
Elektromiografie
Klassifikasie en eksterne bronne
'n Elektromiogram
'n Elektromiogram
ICD-993.08
MeSHD004576
Mediese waarskuwing
Sluit

Die spieraktiwiteit word met behulp van elektrodes gemeet. Twee metodes word ingespan:

  • Op die vel bokant die spier (dit is pynloos);
  • Deur middel van naald-elektrodes wat in die spier ingedruk word (dit is meer akkuraat).

Elektromiografie werk op die basis dat 'n spier wat saamtrek 'n elektriese sein tydens kontraksie afgee. Hierdie seine van tussen 50 μV en 30 mV word deur die elektromiograaf opgetel. Die seine kan ontleed word om werkverrigting te meet of mediese afwykings op te spoor. Dit kan onder andere gebruik word om karpale tonnelsindroom te diagnoseer. Dit word ook gebruik om die biomeganika van menslike of dierlike beweging te analiseer.

'n EKG (elektrokardiogram) is eintlik 'n elektromiogram van die hart.

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.