From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Egiptoloog is iemand wat Egiptologie studeer, en wat in Antieke Egipte spesialiseer.
Binne die egiptologie bestaan verskillende spesialiserings. 'n Papyroloog is iemand wat die tekste op papyri bestudeer. 'n Demotisant hou sig besig met dit Demoties, een van die taal fases van die Antieke Egiptiese skryfstelsels. 'n Epigraaf is iemand wat Antieke Egiptiese tekste en reliëfs kopieer en interpreteer. Tot onlangs was dit moontlik om Egiptologie aan die Universiteit van Groningen in Nederland te studeer, maar deesdae net aan die Universiteit van Leiden. Daar kan 'n mens spesialiseer in die verskillende taalfases van antieke Egipte (waarvan epigrafie 'n onderdeel is), in die argeologie van Egipte, in dit Grieks-Romeinse tydperk (waarvan papyrologie en Demoties onderdele is), en ook in Kopties.
Die grondslag van Egiptologie is in die vroeë 19de eeu gelê, toe Jean-François Champollion daarin geslaag het om die hiërogliewe skryfstelsel en Egiptiese grammatika met behulp van die Rosetta-steen te ontrafel. Hy het dit vir die moderne beskawing moontlik gemaak om vir die eerste keer hiërogliewe te lees. Sy boek Précis du Système Hieroglyphique het gelei tot die ontsyfering van duisende inskripsies, wat gelei het tot baie meer kennis oor Antieke Egipte en 'n groot openbare belangstelling in hierdie kultuur. 'n Paar historici het toe spesifiek op Egiptologie begin fokus, en aparte leerstoele vir Egiptologie is by verskeie universiteite ingestel.
Belangrike egiptoloë uit die verlede:
|
|
Huidige egiptoloë:
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.