Egeïese beskawings
From Wikipedia, the free encyclopedia
Egeïese beskawing is ’n algemene term vir die Griekse beskawings van die Bronstydperk om die Egeïese See. Drie afsonderlike maar ooreenstemmende geografiese streke word deur die term gedek: Kreta, die Siklades en die Griekse vasteland. Kreta word van die vroeë Bronstydperk af verbind met die Minoïese beskawing. Die Siklades het in die vroeë Helladiese tydperk vermeng met die vasteland en in die Middel-Minoïese Tydperk met Kreta. Van omstreeks 1450 v.C. (Laat-Helladies, Laat-Minoïes) het die vasteland se Miceense beskawing na Kreta versprei.