From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Eerste klasse (Nederlands: Eerste klasse A; Frans: Championnat de Belgique de football; Duits: Division 1A) is die hoogste sokkerafdeling in België en word georganiseer deur die KBVB. Die kompetisie heet amptelik die Jupiler Pro League, vernoem na die hoofborg Jupiler (dis 'n ander kompetisie as die Jupiler League, wat Nederland se tweede sokkerliga is).
Taalgebruik moet nagegaan word: Die teks moet vir spelling, sinsbou en woordkeuse nagegaan word. Indien dit nie binne twee weke versorg word nie, mag dit vir verwydering kwalifiseer. |
Eerste klasse | |
2023–24 Eerste klasse | |
Sportsoort | Sokker |
---|---|
Gestig | 1895 |
Eienaar | Koninklike Belgiese Sokkervereniging |
Inwydingseisoen | 1895 |
Deelnemende lande | België |
Aantal spanne | 16 (sedert 2023–24) |
Mees onlangse kampioen | Antwerp FC (2022–23) |
Verwante kompetisies | Beker van België Belgiese Superbeker |
Borg(e) | Jupiler |
Die Eerste klasse bestaan uit 18 klubs. Elke klub speel twee keer per seisoen teen mekaar (een weg- en tuiswedstryd). Teen die einde van die seisoen speel die ses beste spanne in 'n nuwe kompetisie (waarby hulle die helfte van die punte uit die oorspronklike kompetisie saamneem) teen mekaar om die kampioenskap van België. Die onderste twee spanne speel sewe keer teen mekaar om te besluit wie na die Tweede klasse relegeer. Die wenner speel teen die wenner van die nakompetisie vir die Tweede klasse vir 'n plekkie in die Eerste klasse. Dus, elk seisoen relegeer een of twee spanne na die Tweede klasse. Die andere spanne uit die Eerste klasse speel ook na die oorspronklike kompetisie in verskillende opvolg kompetisies teen mekaar vir moontlike plasing vir die Europa League.
Deur hierdie moeilike kompetisie-organisasie verstaan min ondersteuners vinnig wie kampioen is en wie relegeer.
Van die sestien spanne is elf Vlaams en net vier Waals. Brussel het een span in die hoogste sokkerafdeling.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.