Détente

From Wikipedia, the free encyclopedia

Détente, ook bekend as afkoelingspolitiek, ontladingspolitiek of ontspanningspolitiek, is die opklaring of ontknoping van geagiteerde, gelade verhoudinge, veral in 'n politieke situasie. Die term word dikwels gebruik met verwysing na die algemene opklaring van betrekkinge tussen die Sowjetunie en die Verenigde State in die 1970's, 'n ontdooiing op 'n tydstip byna in die midde van die Koue Oorlog. In die Sowjetunie, was détente bekend as разрядка ("razryadka", d.w.s. ontspanning, ontlading). Détente is 'n alternatiewe strategie vir terugrol, die strategie van aftakeling van 'n vyandstaat, en inperking, 'n beleid van walgooi teen, en isolering van die vyandelike uitbreiding.

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.