![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/17/Dunkerque_Belfried_Blick_aufs_Rathaus_%2526_die_Tour_de_Reuze_1.jpg/640px-Dunkerque_Belfried_Blick_aufs_Rathaus_%2526_die_Tour_de_Reuze_1.jpg&w=640&q=50)
Duinkerken
Gemeente in Frankryk / From Wikipedia, the free encyclopedia
Duinkerken (Frans: Dunkerque, Nederlands: Duinkerke of Duinkerken, Engels: Dunkirk, Duits: Dünkirchen) is 'n nywerheids- en hawestad in die noorde van Frankryk, in die département Nord in die gewes Hauts-de-France, naby aan die Belgiese grens. Die stad het omtrent negentigduisend inwoners.[1] Duinkerken is die hoofstad van die gelyknamige arrondissement wat rofweg gelykstaande is aan die Weshoek in Frans-Vlaandere.
Meer inligting Ville de DunkerqueDuinkerken ...
Kaart | Wapen |
![]() | |
![]() | |
Vlag | |
![]() | |
Land | ![]() |
Région (gewes) | ![]() |
Département | ![]() |
Koördinate | 51.0378°N 2.3764°O / 51.0378; 2.3764 |
Stigting | 7de eeu |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 43,89 vk km |
Hoogte bo seevlak | 0-17 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2013) | 89 882 |
- Bevolkingsdigtheid | 2 088/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 257 259 |
Tydsone | UTC +1 |
- Somertyd | UTC +2 |
Burgemeester | Patrice Vergriete |
Amptelike webwerf | ville-dunkerque.fr |
Sluit
Duinkerken is deur die Vlaamse grawe gestig om as 'n hawe aan die Noordsee te dien. Die stad is van historiese belang veral vanweë die Duinkerken-Kapers in die Tagtigjarige oorlog, en ook as die basis vir die ontruiming van geallieerde troepe na Engeland gedurende die Slag van Duinkerken tydens die Tweede Wêreldoorlog.