From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Dubbele heliks (in Grieks beteken hélix "draaiing", "spiraal") is ’n geometriese figuur waar die spiraal dubbel is, in teenstelling met ’n enkele heliks. Twee soorte kan onderskei word:
In biochemie word die term meestal vir die twee enkele helikse gebruik. Hier loop twee parallelle spirale van makromolekules in ’n skroefvorm om mekaar. Die bekendste voorbeeld is die dubbele heliks van DNS. Hulle word aan mekaar verbind deur nukleotiede wat basispare vorm.[1] In B-DNS, die algemeenste dubbelheliksstruktuur wat in die natuur aangetref word, is die dubbele heliks regsom, met sowat 10-10,5 basispare per draai.[2]
Die gloeidraad in ’n gloeilamp bestaan uit ’n enkele string wat ’n spiraal vorm wat weer ’n heliks met ’n groter radius vorm. So kan ’n lang draad in ’n klein ruimte geberg word.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.