Drie Juwele
begrip in Boeddhisme / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Drie Juwele (Pali: Tiratana; Sanskrit: त्रिरत्न, Triratna) is die drie dinge waartoe Boeddhiste hul toevlug neem, of as leiding aanvaar.
Die Drie Juwele is:[1]
- Die Boeddha: Dit kan die historiese Boeddha wees, of die boeddhaskap wat alle wesens kan behaal;
- Dharma: die leringe van die Boeddha, of die pad na verligting;
- Sangha: die gemeenskap van dié wat verligting behaal het en wat ander help om dieselfde te doen; soms verwys dit ook na die gemeenskap van praktiserende Boeddhiste of na die kloostergemeenskap.[2]