From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Drakensberg-amfiteater is 'n geografiese kenmerk van die Noordelike Drakensberg in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Dit word as een van die indrukwekkendste kranswande op Aarde beskou. Die krans se aangesig is ongeveer drie keer die totale gesamentlike oppervlakte van al die kranswande van die Yosemite Nasionale Park se beroemde El Capitan, en meer as 10 keer die grootte van El Capitan se bekendste (suidwestelike) aansig. Dit is deel van die Royal Natal- Nasionale Park.
Die Amfiteater is meer as 5 km (3,1 myl) lank en het steil kranse wat ongeveer 1 220 meter (4 000 voet) langs sy totale lengte uitstyg.[1] Die onderkant van die vallei, vanwaar baie foto's geneem word, is meer as 1 830 meter (6 000 voet) onder die Amfiteater se hoogste punt. Mont-aux-Sources, een van die hoogste pieke van die Drakensberg, is meer as 3 254 meter (11 000 voet) bo seevlak geleë. Die Tugelawaterval, die tweede hoogste waterval ter wêreld, stort ongeveer 948 meter (3 100 voet) vanaf die Amfiteater na benede.[1]
Verskeie staproetes, onder ander na die voet van die Tugelawaterval, kan vanaf die Royal Natal- Nasionale Park aangedurf word.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.