Drakedeurgang
Massawater tussen Suid-Amerika en Antarktika From Wikipedia, the free encyclopedia
Massawater tussen Suid-Amerika en Antarktika From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Drakedeurgang is die watermassa tussen Kaap Hoorn in Suid-Amerika en die Suidelike Shetlandeilande van Antarktika. Dit verbind die Atlantiese Oseaan se Scotiasee met die suidooste van die Stille Oseaan en strek tot teen die Suidelike Oseaan. Die deurgang is vernoem na die 16-eeuse Engelse ontdekkingsreisiger Sir Francis Drake.
Die Drakedeurgang word beskou as een van die gevaarlikste deurgange vir skeepsvaart. Die strome hier het geen weerstand van landmassas nie en die golwe word tot 12 m hoog, vandaar die deurgang se reputasie as die mees kragtigste samevloeiing van seë.[1]
Omrede die Drakedeurgang die nouste deurgang rondom Antarktika is, beïnvloed sy bestaan en vorm die sirkulasie van seewater rondom Antarktika wesenlik asook die termohaliene sirkulasie sowel as die wêreld se klimaat.
Die batimetrie van die Drakedeurgang speel 'n belangrike rol in die globale vermening van oseaanwater.