From Wikipedia, the free encyclopedia
Donatello (ca. 1386- 13 Desember 1466) was 'n beroemde Italiaanse, vroeë-Renaissance kunstenaar en beeldhouer uit Florence. In sy eie tyd het veral sy reliëfwerk aandag getrek en hy word vandag beskou as een van die belangrikste Italiaanse beeldhouers van die 15de eeu. Sy werk toon 'n groot belangstelling in die menslike liggaam en vrystaande skulptuur. "Donatello" is 'n verkleiningsvorm van die kunstenaar se eintlike naam, "Donato", en beteken "presentjie".
Donatello | |
---|---|
Geboortenaam | Donato di Niccolò di Betto Bardi |
Gebore | ca. 1386 Florence, Italië |
Sterf | 13 Desember 1466 (op 80) Florence, Italië |
Nasionaliteit | Italiaans |
Veld | Beeldhoukuns |
Opleiding | Lorenzo Ghiberti |
Beweging | vroeë-Renaissance |
Werke | Sint George, David Fraksionele Monument van Gattamelata |
Donatello het in een van die interessantste periodes van die kunsgeskiedenis geleef. Hy is aan die einde van die Gotiese tydperk gebore, toe Leonardo da Vinci, een van die grootste kunstenaars van die Renaissance, veertien jaar oud was.
Soos talle van die ander groot meesters het hy ook sy opleiding in die welvarende en kunsbewuste handelstad Florence gekry. Dit, en sy besoeke aan Rome, het 'n diepgaande invloed op sy styl gehad. Die vermoede is dat hy saam met sy vriend Brunelleschi in 1402 of 1403 Rome die eerste keer besoek het. Hulle het gou die bynaam van "skattejagters" gekry omdat hulle elke oomblik van hul besoek tussen die ruïnes van die ou Romeinse geboue deurgebring het.
Donatello het groot invloed uitgeoefen op ander Renaissance-kunstenaars, soos die beroemde Michelangelo en Rafaël. hy staan ook bekend as 'n "Leermeester van die Meesters".
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.