From Wikipedia, the free encyclopedia
Dolly Rebecca Parton (* 19 Januarie 1946) is 'n Amerikaanse sangeres-liedjieskryfster, multi-instrumentalis en filantroop bekend vir haar werk in countrymusiek. In die vier en 'n half dekades sedert haar nasionaletrefferlysdebuut bly sy een van die suksesvolste vroulike kunstenaars in die geskiedenis van die countrygenre, wat aan haar die titel "Die Koningin van Countrymusiek" besorg het[1] met vyf-en-twintig nommereen-enkelsnitte,[2] en 'n rekord een-en-veertig toptien-countryalbums.[3] Sy word spesiaal onderskei omdat sy in elk van die laaste vyf dekades 'n topvyf-countrytreffer opgevoer het[4] en omdat sy die enigste kunstenaar is om in elk van die laaste vier dekades 'n nommereen-countryenkelsnit voort te bring.[5] Sy is beroemd vir haar kenmerkende sopraanstem,[6] soms ontugtige humor, flambojante drag en wulpse karakter.
Dolly Parton | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Dolly Rebecca Parton |
Gebore | 19 Januarie 1946 Pittman Center, Tennessee, VSA |
Genres | Country |
Beroep(e) | Sangeres-liedjieskryfster, aktrise, outrise, musikant, sakevrou |
Instrumente | Stem, kitaar, banjo, siter, klavier |
Jare aktief | 1959 — hede |
Etikette | Goldband (1959–1965) Monument (1965–1967) RCA (1967–1986) CBS (1987–1995) Rising Tide (1995–1998) Decca (1997–1998) Blue Eye (1998–1999) Sugar Hill (1998–2005) Dolly (2006 — hede) |
Assosiasies | Porter Wagoner, Kenny Rogers, Emmylou Harris, Linda Ronstadt, Loretta Lynn, Tammy Wynette, Shania Twain, Stella Parton, The Larkins, Altan, Billy Ray Cyrus |
Webwerf | www.dollyparton.com www.dollypartonmusic.net |
Randy Parton was haar jonger broer.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.