![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/b0/Servant_of_the_People_Party_Logo.svg/langaf-640px-Servant_of_the_People_Party_Logo.svg.png&w=640&q=50)
Dienaar van die Volk
From Wikipedia, the free encyclopedia
Dienaar van die Volk (Oekraïens: Слуга народу, Sloeha narodoe, letterlik "Dienaar van die Nasie") is 'n liberale, sentristiese, pro-Europese politieke party in Oekraïne.
- Hierdie artikel handel oor die Oekraïense politieke party. Vir 'n artikel oor die TV-reeks, sien Dienaar van die Volk (TV-reeks).
Kitsfeite Afkorting, Leier ...
Dienaar van die Volk | |
---|---|
Oekraïense politieke party | |
![]() Logo van Dienaar van die Volk. | |
Afkorting | SN |
Leier | Olena Sjoeliak |
Gestig | 2 Desember 2017 |
Geregistreer | 31 Maart 2018 |
Ledetal | 500 - 1 000 |
Ideologie |
|
Jeugtak | Ze! Molodizjka |
Sluit
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/35/Volodymyr_Zelenskyy_voted_in_parliamentary_elections_%282019-07-21%29_05.jpg/640px-Volodymyr_Zelenskyy_voted_in_parliamentary_elections_%282019-07-21%29_05.jpg)
Die party is laat in 2017 gestig en op 31 Maart 2018 amptelik geregistreer.[1][2][3] Dit is genoem na die Oekraïense TV-reeks Dienaar van die Volk.[4][3]
In die Oekraïense parlementêre verkiesing van 2019 het die party 130 setels gewen.[5] Die huidige Oekraïense president, Wolodimir Zelenski (wat in die TV-reeks Dienaar van die Volk die rol van die president vertolk het) is lid van die party.