Die rooi wingerd is die enigste skildery wat die Nederlandse skilder Vincent van Gogh in sy leeftyd verkoop het. Dit is vir 400 frank verkoop aan Anna Boch, 'n impressionistiese skilder van België. Sy was die suster van Eugen Boch, 'n ander impressionis wie se portret (Le Peintre aux Etoiles) ook deur van Gogh geskilder is.

Die Rooi Wingerd
Vincent van Gogh, 1888
Olie op doek, 75 × 93 cm
Poesjkin-museum

Soos Die Nagkafee, is dit deur die beroemde Russiese versamelaar Sergei Sjtsjoekin aangekoop en saam met die res van sy versameling deur die Bolsjewiste genasionaliseer. Dit is uiteindelik aan die Poesjkin-museum in Moskou gegee.

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.