![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/de/RWS_Tarot_01_Magician.jpg/640px-RWS_Tarot_01_Magician.jpg&w=640&q=50)
Die Towenaar (tarotkaart)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Towenaar is die eerste troefkaart of Groot Arcana-kaart in 'n tradisionele pak tarotkaarte. Dit word in kaartspeletjies én waarsêery gebruik.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/de/RWS_Tarot_01_Magician.jpg/640px-RWS_Tarot_01_Magician.jpg)
In kaartspeletjies is Die Towenaar die laagste troefkaart, maar baie punte werd. In waarsêery het dit 'n ingewikkelde esoteriese betekenis. Dit volg op Die Dwaas, wat ongenommer is of 0 gemerk is. Die Towenaar, as die onderwerp van okkultistiese studie, word vertolk as simbolies van mag, potensiaal en die vereniging van die fisieke en geestelike wêreld.