From Wikipedia, the free encyclopedia
Diaspoor is 'n mineraal met die chemiese formule AlO(OH). Saam met gibbsiet en boehmiet is hierdie mineraal 'n belangrike komponent van bauxiet, die erts waaruit aluminium verkry word.[2]
Diaspoor | |
---|---|
Formule | AlO(OH) |
Onsuiwerhede | Fe, Mn, Cr, Si |
Nickel-Strunz (10) | 4.FD.10 |
Kleur | wit, bruin, kleurloos, ligte geel, pienk |
Glans | glasagtig, pêrelagtig |
Kristalsisteem | ortorombies[1] |
Ruimtegroep | Pbnm |
Eenheidsel | a = 4.4007(6) Å, b = 9.4253(13) Å, c = 2.8452(3) Å |
* Lys van minerale | |
Portaal Geologie |
Diaspoor en boehmiet is allotrope van AlO(OH) en diaspoor is termodinamies gesien die stabiele en boehmiet die metastabiele fase. Die oorgang van boehmiet na diaspoor is nogtans uiters traag. Dit is moontlik om boehmiet in 1M NaOH in teenwoordigheid van diaspoor-saadjies om te set, maar dit duur ongeveer 35 dae.[3]
Die ortorombiese kristalstruktuur van diaspoor bestaan uit vervormde AlO3(OH)3-oktaëders. Elke hidroksied-ioon vertoon waterstofbinding met 'n oksiedioon van 'n naburige AlO3(OH)3-oktaëder. Hierdie struktuur is 'n argetipe. 'n Ander mineraal wat hierdie struktuurtipe besit is goethiet.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.