From Wikipedia, the free encyclopedia
Desperate Housewives is 'n Amerikaanse televisiereeks wat deur Marc Cherry, die reeksorganiseerder, geskep is en deur ABC Studios en Cherry Productions vervaardig word. Vir die vierde seisoen van die reeks was Marc Cherry, Bob Daily, George W. Perkins, John Pardee, Joey Murphy, David Grossman, Larry Shaw en Sabrina Wind die uitvoerende vervaardigers.
Desperate Housewives | |
Genre | Satiredrama |
---|---|
Geskep deur | Marc Cherry |
Geskryf deur | Marc Cherry, Bob Daily en Jeff Greenstein |
Geregisseer deur | Larry Shaw David Grossman e.a. |
Met | Teri Hatcher Felicity Huffman Marcia Cross Eva Longoria Ricardo Antonio Chavira Andrea Bowen Doug Savant Kyle MacLachlan Nicollette Sheridan Dana Delany Drea de Matteo Shawn Pyfrom Maiara Walsh James Denton Vanessa Williams Richard Burgi |
Vertel deur | Brenda Strong |
Temamusiekkomponis | Danny Elfman |
Openingstema | Desperate Housewives Theme |
Komponis(te) | Steve Bartek Stewart Copeland Steve Jablonsky |
Oorsprong | VSA |
Taal | Engels |
Aantal seisoene | 7 |
Aantal episodes | 157 |
Produksie | |
Uitvoerende vervaardiger(s) | Marc Cherry Tom Spezialy (Seisoene 1-2) Michael Edelstein (Seisoene 1-2) Joe Keenan (Seisoen 3) George W. Perkins (Seisoen 3-4) Bob Daily (Seisoen 4) John Pardee & Joey Murphy (Seisoen 4) Kevin Murphy (koüitv.) Chris Black (koüitv., Seisoen 2) Larry Shaw (koüitv., Seisoen 3) David Grossman (koüitv., Seisoen 3) |
Regisseur(s) | Kevin Etten (Seisoen 1) Jenna Bans & Josh Senter (Seisoene 2-3) Dahvi Waller (Seisoen 3) |
Kameraopstelling | Multikamera |
Uitsending | |
Oorspronklike kanaal | ABC |
Beeldformaat | (SDTV), 576i (SDTV), 720p (HDTV) ABC HD, 1080i (HDTV) Kanaal 4 HD |
Klankformaat | 5.1-kanaal ruimteklank |
Oorspronklike lopie | 3 Oktober 2004 – hede |
Kronologie | |
Webskakels | |
Amptelike webwerf |
Die milieu van die verhaal is die straat Wisteria Lane in die fiktiewe Amerikaanse stad Fairview in Eagle State. Die verhaal volg hoofsaaklik die lewe van 'n groep vroue uit die perspektief van hul dooie buurvrou. Dit vertel van hul huishoudelike worstelinge en gesinslewe terwyl hulle met die geheime, misdade en raaisels gekonfronteer word wat agter die geslote deure van hul oënskynlik pragtige en skynbaar perfekte voorstedelike woongebied skuil.
Die reeks het 'n ensemble-rolverdeling waarvan die huisvroue Susan Mayer (Teri Hatcher), Lynette Scavo (Felicity Huffman), Bree van de Kamp (Marcia Cross) en Gabrielle Solis (Eva Longoria) aan die hoof staan. Die verteller is Mary Alice Young (Brenda Strong). Haar karakter verskyn ook sporadies in terugflitse of drome.
Sedert die reeks se première op die American Broadcasting Corporation (ABC) op 3 Oktober 2004 is dit krities sowel as deur die gehoor goed ontvang. Die reeks het al meermale Emmy-, Golden Globe- en Screen Actors Guild-toekennings ontvang, en daar is in April 2007 berig dat dit die gewildste TV-reeks in sy kategorie wêreldwyd is, met 'n gehoor van sowat 120 miljoen kykers.[1]
Desperate Housewives word deur skepper Marc Cherry (van Cherry Productions), Austin Bagley en Touchstone Television (nou ABC Studios) vervaardig.
Die idee vir die reeks het aan Marc Cherry gekom toe hy saam met sy moeder 'n nuusverslag oor Andrea Yates gekyk het. Voor Desperate Housewives was Cherry die bekendste vir die skryf en vervaardig van episodes vir ABC Studios / Touchstone Television se trefferkomediereeks The Golden Girls and die se opvolg, The Golden Palace. Daarbenewens het hy ook drie sepies geskep of gekoskep: The 5 Mrs. Buchanans, The Crew en Some of My Best Friends, waarvan geen langer as 'n jaar geloop het nie. Aanvanklik was dit vir Cherry moeilik om enige televisienetwerk te kry om geïnteresseerdheid te toon in sy nuwe reeks — HBO, CBS, NBC, Fox, Showtime en Lifetime het almal sy aanbod afgekeur.[2] Uiteindelik het twee uitvoerendes by ABC, Lloyd Braun en Susan Lyne, die voorgestelde reeks die groen lig gegee.[3] Kort daarna het Disney beide Braun en Lyne afgedank, nadat hulle ook 'n ander nuwe dramareeks, Lost, geodgekeur het.[4]
Die ABC-uitvoerendes was aanvanklik ontevrede oor die naam van die nuwe reeks en het Wisteria Lane en The Secret Lives of Housewives voorgestel.[5] Op 23 Oktober 2003 het ABC egter Desperate Housewives aangekondig, 'n primagleuf sepie geskep deur Charles Pratt jr. (van Melrose Place-faam) en Marc Cherry, wat die nuwe reeks as 'n mengsel van Knots Landing en American Beauty beskryf het.[6] Terwyl Cherry deurgaans by die reeks werksaam was, is Pratt slegs erkenning gegee as uitvoerende vervaardiger vir die loodsepisode. Hy het gedurende die eerste twee seisoene tog as konsulterende vervaardiger by die reeks aangebly.
Op 18 Mei 2004 het ABC hul 2004-2005-tydskedule aangekondig, met Desperate Housewives in die Sondag, 21:00 — 22:00 (oostekus-) tydsgleuf,[7] 'n gleuf waarin dit vandag nog uitgesaai word. Ná slegs drie episodes uitgesaai is, het ABC (op 20 Oktober) aangekondig dat Desperate Housewives, tesame met Lost, vir volle seisoene geskeduleer is.[8]
Op 11 Februarie 2008 het die Amerikaanse Uitsaaikorporasie (ABC) Desperate Housewives vir die 2008-2009-televisieseisoen geskeduleer.[9] Die vyfde seisoen van die reeks het op Sondag 28 September 2008 gedebuteer.
Op 23 April 2009 het ABC die reeks vir 'n sesde seisoen in die 2009-2010-televisieseisoen geskeduleer.[10]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.