Desimale graad
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die desimale graad, gradiaan of gon is 'n hoekmetingseenheid waarin die hoek van 'n volle sirkel 400 gradiaan is. 'n Regtehoek is dus 100 gradiane. Die gon of gradiaan word in 100 desimale minute verdeel wat weer elkeen in 100 desimale sekondes verdeel word. Die woord gon is afkomstig van die Griekse woord gonia wat hoek beteken. Hoeke in gon word soms aangedui met 'n g boskrif, die regte hoek is byvoorbeeld 100g
Die potensiƫle voordeel van die gon in navigasie is dat aangesien die afstand van die pole na die ewenaar van die aarde ongeveer 10 000 km is, 1 km op die oppervlak van die aarde een centigon of desimale minuut onderspan by die middel van die aarde. Die gon word egter selde gebruik en gewoonlik hoofsaaklik in aardmeetkunde.[1]