From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Denel 35mm-dubbeldoelkanon is 'n nabybeveiligingstelsel vir oorlogskepe wat deur Denel Land Systems in Suid-Afrika vervaardig word. Dit doen tans diens op die Valourklas-fregatte van die Suid-Afrikaanse Vloot.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Denel 35mm kanon op 'n Valourklas-fregat van die Suid-Afrikaanse Vloot. | |
Tipe | Skeepsnabybeveiligingstelsel |
---|---|
Oorsprong | Suid-Afrika |
Diensgeskiedenis | |
In gebruik | In gebruik sedert 2005 |
Gebruik deur | Suid-Afrika |
Produksiegeskiedenis | |
Ontwerper | Lyttelton Engineering Works (Denel) |
Vervaardiger | Denel Land Systems |
Spesifikasie | |
Massa | 5500 kg (sonder ammunisie) 6500 kg (met ammunisie) |
Lengte | 5.4 m (toring met lope) |
Looplengte | 3.15 m (90 kal) |
Wydte | 2.9 m (toring) |
Hoogte | 2.3 m (toring) |
Bemanning | Geen |
Rondte | 35×228mm NAVO |
Kaliber | 35mm |
Lope | 2 |
Aksie | gasaksie |
Righoek | -10° to +85° |
Rigbaan | 360° (onbeperk) |
Vuurtempo | 2×550 rpm |
Trompsnelheid | 1175 m/s |
Normale vuurafstand | 4000 m (lugteiken) |
Maksimum vuurafstand | 6000 m (oppervlakteiken) |
Voermetode | Band 2×240 rondtes (een band vir elke kanon) |
Radar en/of Optronic (IR en Sigbaar) |
Die kanon se primêre rol is om die skip teen 'n aanval deur helikopters, vliegtuie of missiele te verdedig. Dit het 'n sekondêre rol teen oppervlakskepe en landteikens, beide in simmetriese en asimmetriese oorlogvoering en ook in wetstoepassing waar akkuraatheid van kritieke belang is omrede kollaterale skade onaanvaarbaar mag wees.[1]
Die stelsel bestaan uit twee GA35 snelvuur outomatiese kanonne langs mekaar gemonteer in 'n onbemande lae-radarwaarneembare toring. Teikenverkryging is deur die skip se eie soek-en-spoorradar, terwyl 'n Optronic spoorstelsel met infrarooi- en sigbare spektrummodes vuurbeheer lewer. 'n Beheerkonsole is in die skip se bedryfskamer geleë, hoewel die stelsel vol-outomaties funksioneer in die lugverdedigingsmodus.
'n Noodbeheerpaneel is op die agterkant van die toring aangebring.[2] Die toring dring nie die dek binne waarop dit gemonteer is nie. Op die Valourklas fregatte is dit op die helikopterloods se dak gemonteer.[1] Die toring is ten volle selfversorgend en vereis slegs 'n elektriese toevoer en 'n radardatavoer van die skip se gevegsbestuurstelsel en beheerkonsole.
Die toring is in staat om 'n onbeperkte volle sirkel te deurkruis teen 70° per sekonde en klim van minus 10° (onder) tot 85° (bo) teen tot 40° per sekonde.[1] Rekenaars in die toring doen al die ballistiese berekeninge en vuurbeheer. Die stelsel vereis slegs teenwoordige tyd-driedimensionele teikeninligting van die skip se gevegsbestuur- en spoorstelsels.
Die hoë vlak van selfversorging, kompakte grootte en ligte massa maak installasie moontlik op 'n wye verskeidenheid van skepe van so klein as 200 ton.
Die kanonne vuur die volle omvang van NAVO se standaard 35×228 mm ammunisie; HEI, HEI-T, SAPHEI, APCI-T, Prac en Prac-T; almal vervaardig deur Rheinmetall Denel Munition se PMP-afdeling in Pretoria-Wes.[2]
In die teenmissielrol gebruik dit Advanced Hit Efficiency And Destruction (AHEAD)-ammunisie van RWM Schweiz AG.[3] Hierdie rondtes stel 152 tungstenprojektiele na buite vry, op 'n voorafbepaalde afstand tussen 40 en 10 m vanaf die teiken. Dus produseer 'n 25-rondte sarsie van AHEAD-rondtes 3800 van hierdie klein projektiele wat dan die inkomende missiel vernietig.[4] Kruisermissiele kan vernietig word op 2.5 km en 'n hoëspoedmissiel op 1.5 km afstand.[2]
Die stelsel se missielafweervermoë word verder verbeter deur die toevoeging van Denel se geslotelus-vuurregstellingstelsel, wat projektiele al die pad na die teiken volg. Dit maak voorsiening vir teenswoordige tyd-regstellings van vooroordeelfoute in die stelsel en vergoed ook vir atmosferiese toestande.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.