langtermyn breinversteuring wat persoonlikheidsveranderinge en verswakte geheue, redenasie en sosiale funksie veroorsaak From Wikipedia, the free encyclopedia
Demensie is 'n steuring wat tot uiting kom as 'n stel verwante simptome, wat gewoonlik plaasvind wanneer die brein deur besering of siektes beskadig word.[1] Die simptome behels die progressiewe aantasting van die geheue, denke en gedrag wat iemand se vermoë om te funskioneer en alledaagse take uit te voer nadelig beïnvloed.
Demensie | |
---|---|
Ander name | Seniliteit |
'n Litografie van 'n man met demensie in die 1800's. | |
Spesialiteit | Neurologie, psigiatrie |
Simptome | 'n Afname om te dink of onthou of in motivering, emosionele probleme, probleme met taal[1] |
Begin gewoonlik op | Geleidelik[1] |
Tydsduur | Lang termyn[1] |
Oorsake | Alzheimersiekte, bloedvatsiektes en ander[1] |
Diagnostiese metode | Kognitiewe toetsing[2] |
Voorkoming | Vroeë opvoeding, voorkoming van hoë bloeddruk, obesiteit en rook, sosiale omgang[3] |
Behandeling | Steunende versorging[1] |
Frekwensie | 55 miljoen (2021)[1] |
Sterftes | 2,4 miljoen (2016)[4] |
Mediese waarskuwing |
Benewens 'n aantasting van die geheue en 'n versteuring van gedagtepatrone, is die algemeenste simptome emosionele probleme, probleme met taal en 'n afname in motivering. Die simptome kan beskryf word as voorkomend in 'n kontinuum oor verskillende fases.[5] Bewustheid word nie geraak nie. Demensie het eindelik 'n groot uitwerking op die individu, versorger en sosiale verhoudings in die algemeen.[1]
'n Diagnose van demensie vereis die waarneming van 'n verandering in 'n persoon se gewone denkfunksie en 'n groter kognitiewe agteruitgang as wat deur normale veroudering veroorsaak word.[6]
Verskeie siektes en beserings aan die brein, soos beroerte, kan demensie veroorsaak. Die algemeenste oorsaak is egter Alzheimersiekte, 'n neurodegeneratiewe steuring.[1] Die DSM-5 het demensie beskryf as óf 'n gematigde óf 'n groot neurokognitiewe steuring met wisselende grade van erns en baie veroorsakende suptipes. Die ICD-11 klassifiseer demensie ook as 'n neurokognitiewe steuring met baie vorme of subklasse.[7]
Demensie word gelys as 'n verworwe breinsindroom, wat gekenmerk word deur 'n agteruitgang in kognitiewe funksie, en word genoem in teenstelling met neuro-ontwikkelingsteurings.[8] Demensie word ook beskryf as 'n spektrum van steurings met veroorsakende subtipes wat gebaseer is op 'n bekende steuring, soos Parkinsonsiekte, Huntingtonsiekte, bloedvatsiektes, MIV, frontotemporalelobdegenerasie of Lewyliggaamsdemensie.[9] As meer as een soort dimensie voorkom, is dit bekend as gemengde demensie.[8]
Diagnose is gewoonlik gebaseer op die mediese geskiedenis van die siekte en kognitiewe toetsing. Bloedtoetse kan gedoen word om ander moontlike oorsake uit te skakel en om die subtipe vas te stel. Die grootste risiko vir demensie is veroudering, maar demensie is gewoonlik nie deel van normale veroudering nie. Baie mense van 90 jaar of ouer toon geen tekens van demensie nie.[10] Sommige oorsake van demensie soos rook en obesiteit is voorkombaar met veranderings in lewenstyl.
Demensie is tans wêreldwyd die sewende grootste oorsaak van die dood. Daar word elke jaar 10 miljoen nuwe gevalle aangemeld (een elke sowat drie sekondes).[1] Daar is geen bekende genesing nie. Daar is baie maatreëls wat die lewensgehalte van mense met dimensie en hulle versorgers kan verbeter. Kognitiewe en gedragsterapie kan byvoorbeeld gebruik word om verwante simptome van depressie te behandel.[11]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.