From Wikipedia, the free encyclopedia
Oekraïne is in 24 oblaste en 'n stad met spesiale status onderverdeel.
Meeste van die Oekraïense oblaste (vgl. provinsies) is na hul hoofstede vernoem. 'n Belangrike uitsondering hierop is die hoofstad Kijif, aangesien die stad nie deel van die Kijif-oblast is nie.
Kijif is die land se hoofstad en het volgens Oekraïense wetgewing 'n spesiale status. Die stad is gevolglik nie deel van die Kijif-oblast nie. Sewastopol het ook 'n spesiale status gehad, omdat Rusland se Swartsee-vloot daar gestasioneer is, maar is op 18 Maart 2014 saam met die res van die Krim-skiereiland by Rusland ingelyf.
Die eertydse Outonome Republiek van Krim op die Krim-skiereiland word veral deur Russe en in 'n mindere mate deur Oekraïners en Krimtatare bewoon. Die Krim eis op 5 Mei 1992 selfbestuur op, maar word daarna as outonome republiek erken. Na 'n referendum op 16 Maart 2014 word die republiek deel van Rusland (hoewel baie lande dit nie amptelik erken nie) en is gevolglik nie meer deel van Oekraïne nie.
Deelgebiede van Oekraïne | |||||||
|
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.