![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/ad/King_David_IV_the_Builder._Gelati_fresco.jpg/640px-King_David_IV_the_Builder._Gelati_fresco.jpg&w=640&q=50)
Dawid IV van Georgië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Dawid IV (1073 – 24 Januarie 1125), ook bekend as Dawid die Bouer[1] (Georgies: დავით აღმაშენებელი, Dawit Aghmasjenebeli), van die Bagrationi-dinastie was ’n koning van Georgië van 1089 tot met sy dood in 1125.[2]
Kitsfeite Periode, Voorganger ...
Dawid IV | |
---|---|
Koning van Georgië | |
![]() Koning Dawid IV van Georgië | |
Periode | 1089–1125 |
Voorganger | Giorgi II |
Opvolger | Demetrius I |
Huis | Bagrationi-dinastie |
Gade | Roesoedan van Armenië |
Kinders | Demetrius I Wachtang George Tamar Kata |
Vader | Giorgi II |
Moeder | Elene |
Gebore | 1073 |
Oorlede | 24 Januarie 1125 |
Sluit
Hy word algemeen beskou as die grootste en suksesvolste leier in die geskiedenis van Georgië. Hy het die Turke in 1121 uit die land gedryf, die land herenig en die grootste deel van die Kaukasus onder Georgiese beheer gebring. Hy was ’n vriend van die kerk wat die Christelike kultuur bevorder het, en word deur die Georgies-Ortodokse Kerk as ’n heilige vereer.