David (Des) van Rooyen (gebore op 20 November 1968) is op 10 Desember 2015 as Suid-Afrika se minister van finansies beëdig. Hy volg die vorige minister van finansies, Nhlanhla Nene op, nadat Nene summier van sy pos onthef is.[1] Die markte het nie positief op sy aanstelling gereageer nie en die Suid-Afrikaanse Rand het deur die vlak van R15 per dollar en R16 per euro gebreek.[2] Sy aanstelling is drie dae later herroep, waarna hy deur Pravin Gordhan, 'n vorige minister van finansies, opgevolg is. Hy is verskuif na Gordhan se vorige pos as minister van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede. Nadat Cyril Ramaphosa in Februarie 2018 Jacob Zuma as president van Suid-Afrika opgevolg het, is Des van Rooyen nie vir die nuwe kabinet oorweeg nie.[3]

Kitsfeite President, Voorafgegaan deur ...
David Douglas Des van Rooyen

Minister van Samewerkende regering en Tradisionele aangeleenthede
Ampstermyn
13 Desember 2015  28 Februarie 2018
President Jacob Zuma
Cyril Ramaphosa
Voorafgegaan deur Pravin Gordhan
Opgevolg deur Zweli Mkhize

Minister van Finansies
Ampstermyn
10 Desember 2015  13 Desember 2015
President Jacob Zuma
Voorafgegaan deur Nhlanhla Nene
Opgevolg deur Pravin Gordhan

Persoonlike besonderhede
Gebore 20 November 1968 (1968-11-20) (55 jaar oud)
Politieke party African National Congress
Alma mater Universiteit van Suid-Afrika
Universiteit van Londen
Sluit

Van Rooyen was in die tagtigerjare 'n lid van Umkhonto we Sizwe. Sedertdien was hy 'n uitvoerende burgemeester van die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit en 'n gewese Noordwes-voorsitter van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering.

Tydens sy ampstermyn as burgemeester was daar sterk teenkanting teen die inlywing van die munisipaliteit by Noordwes. As gevolg hiervan is sy huis in 2006 deur woedende inwoners afgebrand.

Die Universiteit van Londen het in 2014 'n M.Sc. in finansies aan hom toegeken.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.