![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c9/Ecuadorian_Air_Force_Dassault_Mirage_F1E.jpg/640px-Ecuadorian_Air_Force_Dassault_Mirage_F1E.jpg&w=640&q=50)
Dassault Mirage F1
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Dassault Mirage F1 is 'n Franse lugoorheersingvegter en aanvalsvliegtuig wat deur Dassault Aviation ontwerp en vervaardig is. Dit is ontwikkel as 'n opvolger vir die gewilde Mirage III-familie. Die Mirage F1 is sedert 1974 in operasionele diens van die Franse Lugmag (Armee de l'Air). Dit word aangedryf deur 'n enkele SNECMA Atar turbostraler wat sowat 69 kN (15 000 lbk) stukrag verskaf. Die F1 is van meet af aan gebruik as 'n ligte veeldoelvegter. Meer as 720 F1's is gebou en ook uitgevoer na omtrent 'n dosyn lande.
Kitsfeite Mirage F1 ...
Mirage F1 | |
---|---|
Tipe | Aanvalsvliegtuig |
Vervaardiger | Dassault |
Nooiensvlug | 23 Desember 1966 |
Vrygestel | 1973 |
Status | In gebruik |
Hoofgebruiker | Ecuadorse Lugmag Koninklike Marokkaanse Lugmag |
Vorige gebruikers | Franse Lugmag Irakse Lugmag Spaanse Lugmag Suid-Afrikaanse Lugmag |
Vervaardig | 1966-1992 |
Aantal gebou | 720+ |
Sluit