From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Damaras is 'n volk in Namibië wat vandag sowat 182 487[1] tel en wie se klassifikasie as negroïde volk sedert 1969 deur antropoloë bevraagteken word. Hulle verskil heeltemal van die Namas, met wie hulle 'n taal deel, en die ander swart stamme van Suider-Afrika. Oor die werklike herkoms van die Damaras kan net bespiegel word.
Die Damaras het verspreid in klein groepies sonder 'n sentrale gesag gewoon. Hulle het van veldkos en jag gelewe, het tabak aangeplant, koper ontgin en gesmelt en het handel gedryf met artikels van koper en seepsteen. Aan die einde van die 19de eeu het die Damaras hulle by Okombahe gevestig en daar met landbou begin.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.