From Wikipedia, the free encyclopedia
Die damara-dik-dik (Madoqua kirkii) is 'n klein wildsbok wat hoofsaaklik in Sentraal- en Noordwes-Namibië voorkom. Dit staan ook bekend as 'n dik-dik of bloubokkie.
Damara-dik-dik | |
---|---|
Damara-dik-dik | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Madoqua |
Spesie: | M. kirkii |
Binomiale naam | |
Madoqua kirkii (Günther, 1880) | |
Subspesies | |
4 ssp., sien teks | |
Verspreiding |
Die rug en boude is gewoonlik 'n fyn gespikkelde grysbruin terwyl die nek, blaaie en sye bruiner is. Die bors en pens is vuilwit en die gedeelte om die oë wit. Die horinkies is kort en regop. Op die voorkop, tussen die horinkies, is 'n kuif. Die bokkie het 'n eienaardige lang neus; die bolip steek oor die onderlip.
Die ramme weeg gewoonlik 5,5 kg en het horings van 8 cm lank. Die rekord is 10,48 cm.
Die ooie het nie horings nie en weeg sowat 4,3 kg. Een lammetjie word tussen Desember en April na 'n dratyd van 6 maande gebore.
Hulle natuurlike vyande is luiperds, leeus en rooikatte. Hulle kom voor in tipiese ruie bosveldgebiede met baie struike en min gras. Hulle is onafhanklik van water en kry hul vog uit plante. Die bokkies loop gewoonlik alleen.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.