Cumulonimbuswolk
From Wikipedia, the free encyclopedia
Cumulonimbuswolke (van Latyn cumulus, "opgehoop" en nimbus, "reënstorm") is kompakte, manjifieke vertikale wolke[1] wat van waterdamp gevorm word wat deur kragtige lugstrome opwaarts gedryf word. Indien dit tydens 'n storm waargeneem word, word dit na verwys as donderkoppe. Cumulonimbuswolke kan alleen, in groepe, of tesame met kwasi-lineêre konvektiewe stelsels gevorm word. Die wolke is in staat daartoe om weerlig en ander gevaarlike weer te produseer, soos bv. tornadoes en hael. Cumulonimbuswolke ontwikkel van oorontwikkelde cumulus congestus wolke wat verder ontwikkel as deel van 'n supersel. Cumulonimbus word afgekort as Cb.
- Arcuswolk (rakwolk) aan die voorpunt van 'n donderstorm
- 'n Pileus bo-aan 'n calvus
- Incus met 'n membraanagtige kant
- Mammatocumulus met hangende sakke
- 'n Tregterwolk (tuba) oor Nederland
- Flenslyn voor 'n sterk donderstorm
- Die oorhangende top vorm 'n koepel van wolke bo 'n cumulonimbuswolk
- Cumulonimbus calvus teenoor sonlig met reënval onderaan (praecipatio)
- Reën verdamp voordat dit die grond bereik (virga)