Die Costa del Sol (Spaans vir Sonkus) is 'n kusgebied langs die Middellandse See met 'n gesamentlike lengte van sowat 300 kilometer in die suide van Spanje, wat onder meer die strande van die provinsies Málaga en Cádiz (Andalusië) insluit. Dit grens aan die Costa del Luz in die weste en die Costa Tropical in die ooste. Vele pakkettoere word daarheen aangebied.[1]

Thumb
Die Costa del Sol
Thumb
Strand by Fuengirola

Die subtropiese klimaat met sy aangename temperature en meer as 320 sonskyndae per jaar en die omringende bergreekse, wat as beskerming teen koue noordelike winde dien, het die Costa del Sol se ontwikkeling tot een van die gewildste Europese vakansiegebiede bevorder. Die belangrikste toeristesentrums met 'n groot aantal hotelle en sportgeriewe lê wes van Málaga langs die kuslyn van Torremolinos, Benalmádena en Marbella en strek weswaarts tot by San Pedro de Alcantara, terwyl die Costa Tropical-gebied oos van Málaga tussen Vélez-Málaga, Torre del Mar en Nerja lê.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.