From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Europese troupant (Coracias garrulus) is die enigste lid van die troupantfamilie wat in Europa broei. Die voël is 'n algemene Palearktiese-broeier en somertrekvoël na savanne. Dit leef selde in oop habitatte. In Engels staan die voël bekend as die European roller.
Europese troupant | |
---|---|
'n Volwasse Europese troupant in die Nasionale Krugerwildtuin | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. garrulus |
Binomiale naam | |
Coracias garrulus Linnaeus, 1758 | |
Verspreiding van die Europese troupant |
Die voël is 30 tot 32 cm lank en weeg 105 tot 150 gram en is groot en bonkig. Dit het 'n vierkantige stert sonder verlengde stertvere. Hierdie troupant is groter as die gewone troupant en knopsterttroupant en het ook 'n groter kop en snawel. Die verekleed lyk altyd slordig en van bo gesien is die slagvere swart en definitief nie blou nie.
Die Europese troupant kom voor in Europa, Wes-Asië en Marokko en oorwinter in suidelike Afrika. In Suider-Afrika brei die voël se gebied verder suidwaarts uit en kom al meer voor in kusfynbos.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.