From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Coma-sterrestelselswerm (Abell 1656) is ’n groot sterrestelselswerm met meer as 1 000 geïdentifiseerde sterrestelsels. Dit en die Leo-sterrestelselswerm (Abell 1367) is die twee grootste swerms wat die Coma-superswerm vorm.[3] Die Coma-swerm is geleë in die sterrebeeld Berenike se Hare (Coma Berenices) en is na dié sterrebeeld genoem.
Coma-sterrestelselswerm | |
---|---|
’n Mosaïek van die Coma-sterrestelselswerm in langgolflengte-infrarooi (rooi), kortgolflengte-infrarooi (groen) en sigbare lig. | |
Soort | Sterrestelselswerm |
Sterrebeeld | Berenike se Hare |
Waarnemingsdata (Epog J2000) | |
Regte klimming | 12h 59m 49s[1] |
Deklinasie | +27° 58′ 50″[1] |
Afstand (ligjaar) | 333 miljoen[1] |
Rooiverskuiwing | 0,0231 (6 925 km/s)[1] |
Helderste stelsel | NGC 4874 en NGC 4889 |
Aantal stelsels | > 1 000 |
Bindingsmassa | ~7×1014 M☉[2] |
Ander name | |
Abell 1656 | |
Portaal Sterrekunde |
Die swerm se gemiddelde afstand van die Aarde af is 321 miljoen ligjare (99 miljoen parsek).[4][5] Sy 10 helderste spiraalsterrestelsels het ’n skynbare magnitude van 12–14 en is sigbaar met amateur-teleskope groter as 20 cm.[6] Die sentrale streek word oorheers deur twee reusagtige elliptiese sterrestelsels: NGC 4874 en NGC 4889.[7]
Die swerm is ’n paar grade van die galaktiese noordpool. Die meeste van die stelsels in die sentrale deel is ellipties. Daar is talle reuse- en dwergstelsels in die Coma-swerm.[8]
Soos gewoonlik in sulke ryk swerms is die meeste van die sterrestelsels elliptiese S0-stelsels, met net ’n paar spiraalstelsels wat jonger en nader aan die rand van die swerm.
Die Coma-sterrestelselswerm is een van die eerste plekke waar swaartekragafwykings op die bestaan van ’n onsigbare massa gedui het. In 1933 het Fritz Zwicky daarop gewys die stelsels van die Coma-swerm beweeg te vinnig dat dit net deur sy sigbare materie saamgebind word.
Hoewel die idee van donker materie eers sowat 50 jaar later aanvaar is, het Zwicky selfs geskryf dat die stelsels saamgebind moet wees deur ’n soort dunkle Materie.[9] Daar word geglo omtrent 90% van die massa van die Coma-swerm bestaan uit donker materie.
’n Uitgebreide X-straalbron is reeds in Augustus 1966 uit die rigting van die Coma-swerm waargeneem.[10] Die X-straalsterrewag-satelliet Uhuru het ’n sterk X-straalbron naby die middel van die swerm waargeneem wat Coma X-1 genoem is.[11] Aangesien dit ’n uitgebreide bron is wat oor sowat 5º strek, is die moontlikheid uitgesluit dat dit van net een sterrestelsel afkomstig is.[11]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.