From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Clyderivier (Engels: River Clyde, Skots-Gaelies: Abhainn Chluaidh [avɪɲˈxlˠ̪uəj]) is 'n groot rivier in Skotland.[1] Dit is die negende langste rivier in die Verenigde Koninkryk en die derde langste in Skotland. Aangesien die Clyde deur Skotland se nywerheidsmetropool Glasgow vloei, het dit vroeër 'n belangrike rol vir die skeepsbou en handel in die Britse Ryk gespeel. Teen die middel van die 19de eeu het tagtig persent van alle stoomskepe, wat in Groot-Brittanje gebou is, uit skeepswerwe langs die Clyde gekom.[2]
Die Clyde ontspring in die Lowther Hills in South Lanarkshire. Dit mond in 'n estuarium genaamd die Firth of Clyde uit.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.