Claremont, Kaapstad
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Claremont is 'n gesogte suidelike voorstad van Kaapstad en word onder meer begrens deur Rondebosch, Nuweland en Kenilworth.
Claremont | |
---|---|
Voorstad | |
Uitsig oor Claremont | |
Koördinate: 33°58′50″S 18°27′55″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Metropolitaanse Munisipaliteit | Kaapstad |
Oppervlak | |
• Totaal | 5,21 km2 (2,01 vk. myl) |
Hoogte | 38 m (125 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 17 198[1] |
• Digtheid | 3 300/km2 (8 500/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | 7708 |
Skakelkodes | 021 |
Webwerf | claremontcentral.co.za |
Van die grootste aantreklikhede is die winkelsentrum Cavendish Square in die sakekern, wat as desentralisasiepunt vir die middestad dien. Hier is 'n lieflike openbare tuin, Arderne-tuin, wat eens op 'n tyd deel was van die landgoed genaamd The Hill. Dit is in 1840 aangekoop deur 'n Engelse immigrant, Ralph Arderne. Hy het een van die voortreflikste versamelings bome op die Afrika-vasteland hier aangeplant, waarvan die meeste uitheems is.
Claremont was die tuiste van die 19de-eeuse astronoom, sir John Herschel, na wie die bekende privaatmeisieskool Herschel-skool genoem is.
Claremont het van 1886 tot 1913 sy eie munisipaliteit gehad. Die munisipale wapen was: In rooi, 'n vroulike figuur wat Hoop voorstel, wat met haar regterarm teen 'n rots leun en 'n anker met haar linkerhand vashou, vergesel van drie goue ringe. Die helmteken was 'n voorstelling van die Herschel-gedenknaald; die skildhouers was 'n wildebees en 'n gemsbok; en die wapenspreuk was Vestigia nulla retrorsum.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.